Op Dinsdag 17 Desember, om 7.30nm, is Doep Is Nie Dood Nie by die Drama Factory, met Jannie du Toit, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon). Hierdie program, saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste, is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Veertig jaar na sy afsterwe (in 2024) word dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef. Hy verwesenlik ook ’n jarelange droom om ’n “eenmanvertoning” oor Koos se werk aan te bied. Kaartjies is beskikbaar by www.thedramafactory.co.za
Related Topics: